Vuuraap (astrologie)

丙申

Die Vuuraap (丙申, bǐngshēn) is die 33ste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die derde Hemelstam (丙, bǐng; die element Vuur en Jang) met die negende Aardtak (申, shēn), gesimboliseer deur die Aap (猴, hóu).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Vuuraapjaar het in 2016 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 8 Februarie 2016 tot 27 Januarie 2017.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy